dr. Floris Knouwds

HUWELIKSBERADER

in Risiville, Vereeniging

Lucasstraat 37, Risiville,

in Vereeniging

082 9272575

Home Meer oor my VOORBEREIDING VERRYKING HUWELIKSBERADING Kontak my
Huweliksberader in gesprek met paartjie Paartjie gesels onder huweliksberader se toesig paartjie werk aan opdragte wat huweliksberader gee

As jou verhouding nie lekker werk nie, is jou hele lewe deurmekaar. En as jy self probeer om dit reg te maak, haak julle selfs meer vas…

LEES VERDER

Meeste huwelike misluk nie as gevolg van een of ander drastiese gebeurtenis nie. Dit misluk eerder as gevolg van verwaarlosing wat man en…

LEES VERDER

Wanneer ‘n paartjie in ‘n huwelik instap is hulle kans 88% om dit te laat misluk. Daarom maak dit net sin om reeds voor die troudag…

LEES VERDER

1. HUWELIKSBERADING

2. HUWELIKSVERRYKING

3. HUWELIKSVOORBEREIDING

Hoofredes waarom mense nie
‘n huweliksberader gebruik nie…

Tradisioneel is ‘n huweliksberader gesien as iemand wat moeilikheid moet oplos. Groot moeilikheid! En op een of ander manier het pare geglo dat besoeke by ‘n huweliksberader in oorloë gaan ontaard. Daarom het hulle liewer weggebly. Andersins wou hulle nie hê dat enigiemand moes agterkom dat hulle huweliksprobleme het nie. Daarom het hulle dan ‘n huweliks berader soos die pes vermy. En bly voortleef in die swaarkry en pyn wat huweliksprobleme bring.

Ontwikkeling in die veld van huweliksberading

Oor die afgelope 25 jaar het kennis oor intieme verhoudings (en hoe dit werk of nie werk nie!) baie vinnig ontwikkel. Deur grondige navorsing is vasgestel watter kennis, insig en vaardighede nodig is om ‘n verhouding goed te laat werk. Deur by suksesvolle pare te leer, is ‘n klomp van die geheime van goeie huwelike ontrafel.

Hierdie nuwe kennis het die rol van huweliksberader drasties verander. Hulle was skielik nie net meer mense wat krisisse moes oplos nie. Hulle het mense geword wat pare help om ‘n voller en heler lewe te leef. Amper iets soos “life coaches” - maar dan net gespesialiseer in huweliksverhoudings.

Hierdie verskuiwing het aan die een kant beteken dat die huweliks berader vandag steeds met huwelikskrisisse werk. Net baie meer effektief. Aan die ander kant het dit egter ook beteken dat hulle begeleiers of fasiliteerders geword het. Daarom kom al meer en meer pare het vir ander redes as krisisse na hulle toe. Hulle kom omdat hulle iewers in hulle verhouding vasgeval het. En iemand nodig het om hulle te help om die lekkerte en vreugde in die verhouding te herstel. Of hulle kom om kleiner haakplekke in hul huwelik uit te stryk.

Daar het ook ‘n groeiende besef gekom dat jongmense in ‘n huwelik instap sonder die nodige toerusting om die uitdagings van ‘n huweliksverhouding die hoof te bied. En dit terwyl daar soveel kennis en inligting beskikbaar is vir iemand wat hom- of haarself goed wil voorberei vir ‘n huwelik. Gevolglik het al meer jongmense begin soek na afrigting om ‘n goeie huwelik te bou. Vandaar die klemverskuiwing wat gekom het na voorbereidingswerk vir mense wat wil trou - ‘n soort van afrigting om die spel van die huwelik beter te kan speel.

Definisie van ‘n huweliksberader

In die lig van bogenoemde kan ‘n huweliksberader vandag beskryf word as

‘n Huweliksberader werk in drie fases van ‘n verhouding, naamlik:

Elkeen van hierdie areas het unieke uitdagings - beide vir die paartjie en vir die huweliksberader. Deur die proses van hulpverlening so uniek as moontlik te maak vir die besonder paartjie (dit so goed as moontlik te individuali-seer), word gepoog om hulle verhouding die beste moontlike kans te gee. En as die paartjie dan van hulle kan af werk om die kennis, insig en vaardighede in hulle verhouding toe te pas, word sukses byna onafwendbaar.

MEER OOR MY PRAKTYK…

Huweliksberader besig met huweliksberading

Huweliksberading en die werk van ‘n huweliksberader

Werksveld van ‘n huweliksberader

In Suid-Afrika sukkel meeste pare om hulle verhouding goed te laat werk. Slegs 12 uit elke 100 pare kry dit (volgens statistiek) reg om ‘n langtermyn, gelukkige verhouding te bou. Maar dit hoef nie so te wees nie. Met die hulp van ‘n goeie huweliksberader (en deur die proses van huweliks berading) kan dit heeltemal anders wees. Julle kan die dinamika tussen julle beter leer verstaan, julle kan die nodige vaardighede aanleer en julle kan saam die kuns bemeester om ‘n verhouding te bou waarop ander jaloers sal wees. En vir baie lank sal hou.

Huweliksberading by ‘n huweliksberader is lankal nie meer iets vreemds nie. Trouens, pare wat ‘n gelukkige huwelik wil hê (of ‘n stukkende een wil heelmaak) kry vir hulle ‘n huweliksberader as hulle persoonlike afrigter of “coach” - een wat hulle help om hulle verhouding beter te laat werk.Net soos hulle dit sal doen as hulle in ‘n ander deel van hulle lewe (byvoorbeeld die sport wat hulle beoefen) beter wil presteer.

Om effektief te wees, moet ‘n huweliksberader pare deur middel van berading (gesprekke) kan begelei in minstens drie duidelike fases in ‘n huweliksverhouding:

My naam is Floris Knouwds. Ek is ‘n huweliksberader, predikant en skrywer met ‘n beradingspraktyk by Michaelstraat 2, Risiville, Ver-eeniging in die Vaaldriehoek. Ek werk met pare om hulle te be-magtig om die soort verhouding tussen hulle te skep wat hulle begeer. Of om die krisisse/ konflikte uit te sorteer sodat hulle vry word om ‘n nuwe toekoms saam te skep.

My doel is:

Om effektiewe huwelikshulp teen ‘n bekostigbare prys te lewer.

My kwalifikasies:

Fooie:

R600.00 per sessie Ma - Vr
 09h00 - 19h00

R750.00 per sessie (na-ure en Saterdae)

Hierdie is ‘n kontantpraktyk.

Koste word nie deur mediese skemas gedek nie.

Betalings:

Kontant
EFT

Huweliksberader huweliks berading Floris HUWELIKSBERADING VERRYKING VOORBEREIDING

DIENSTE WAT EK LEWER…

Assessering van die verhouding as geheel  en of aspekte van die verhouding

Huweliksberading/ huweliksterapie

Intensiewe huweliksterapie (meer sessies oor korter tye)

Afrigting in verhoudingsvaardighede

Bemiddelling van konflik

Huweliksvoorbereiding

Huweliksverryking (of -verdieping)

Huwelikseminare

Huwelikspraatjies (as spreker)

Opleiding van huweliksberaders

Funksioneringstyl analises

Opleiding in “crucial conversations”

Kliek op die pyl om meer te lees oor die huweliks-berading wat ek doen

Kliek op die pyl om meer inligting oor my as huweliksberader te kry

Kliek op die pyl om my te kontak

Huweliksberader vir…

Ek bedien in hierdie stadium ‘n breë area in Gauteng wat bekend staan as die Vaaldriehoek. Hierbenewes doen ek ook berading met mense wat van oral oor Suid Afrika kom vir hulp met huweliksberading:

Huweliksberader in Vereeniging

My praktyk is geleë te Lucasstraat 37 in Risiville in Vereeniging.

Huweliksberader in Vanderbijlpark

Hoewel my praktyk in Risiville in Vereeniging geleë is, bedien ek ook mense wat vanuit Vanderbijlpark ry na my praktyk vir huweliksberading

Huweliksberader in Meyerton

Op dieselfde manier bedien ek ook mense wat vanuit Meyerton vir huweliksberading na my praktyk kom

Huweliksberader in Vaalpark

Hoewel my praktyk in Risiville in Vereeniging geleë is, bedien ek ook mense wat vanuit Vaalpark na my praktyk ry vir huweliksberading

Huweliksberader in Sasolburg

Ek bedien ook mense wat vanuit Sasolburg na my praktyk ry vir huweliksberading